Monthly Archives: May 2018

HOëRSKOOL CRADOCK HOU 4DE KNIPMESBRAAI

Posted by:Principal

Mei maand in Cradock is Knipmesbraai tyd. Die kwaggas het vanjaar hul 4de knipmesbraai gehou en tradisioneel was dit ʼn aand van kuier, genoeg skaapvleis en bande bou. Die manne wat die aand bywoon het elkeen ʼn knipmes ontvang en het die voorreg gehad om die heerlike Karoo-skape daarmee te kon bydam. 352 man reg…

CRADOCK KOOR BEDRYWIG

Posted by:Principal

Die skoolkoor van Hoërskool Cradock, onder leiding van mev. Anne Bekker, is vanjaar sestig toegewyde stemme sterk. Sedert Februarie is nuwe liedere aangeleer en elke moontlike oefentyd benut. In ‘n skool met ‘n propvol buitemuurse program, is dit altyd ‘n gestoei om ‘n oefentydsgleuf vir elke aktiwiteit te vind. Vir diegene wat ‘n voorliefde vir…

CHS NETBAL TEEN MIDDELBURG

Posted by:Principal

Die netbalspanne van Hoërskool Cradock het op Saterdag 19 Mei na Middelburg gereis om Hoërskool Middelburg op die netbalbaan die stryd aan te sê. Die juniorspanne speel goeie netbal en lewer wenslike uitslae. Die o.14A-span wen 33 – 25. Die o.14B-span speel ‘n harde werdstryd en wen net-net met 11 – 10 teen Middelburg se…

CHS HOCKEY SHOWS DETERMINATION

Posted by:Principal

On Saturday 19 May two hockey teams from Cradock High School played against Hangklip. The matches were earlier postponed as Hangklip’s field was too wet. The second team played first and was quickly behind by two goals to none. Yet CHS’s backs never surrendered and averted wave upon wave of attack. After halftime CHS tightened…

CHS BOU BRUE

Posted by:Principal

Wat op die oog af ‘n titaniese stryd tussen die muurbalspanne van Hoërskool Cradock en Gill College was, het uiteindelik in só goeie gees afgespeel dat hierdie twee spanne nie kan wag vir hul Interskole wedstryde om weer kragte te meet nie. Beide spanne is waardige opponente en na ‘n middag van goeie spel wen…

CHS HOKKIE LEWER GOEIE UITSLAE TEEN DE AAR

Posted by:Principal

Op Saterdag 12 Mei het die dogtershokkiespanne van Hoërskool Cradock kragte gemeet teen díe van Hoërskool De Aar. Met koue en mistige weer wat oor die velde van De Aar hang sukkel beide spanne om aan die gang te kom.  Dit is egter nadat die eerste doel aangeteken is dat daar geen keer meer was…

CHS NETBAL KLOP DE AAR

Posted by:Principal

CHS het op Saterdag, 12 Mei na De Aar gereis om netbal te speel.   In die hoofwedstryd van die dag, het CHS se Eerstespan ‘n baie goeie oorwinning van 25 – 15 behaal.   Die wedstryd het aanvanklik gelykop verloop, maar CHS het ‘n voorsprong van 6 – 3 na die eerste kwart gehad.  Teen…

KWAGGA INGESLUIT IN GRIEKWASPAN

Posted by:Principal

  Ilana Steenkamp, netbalspeler van Hoërskool Cradock, is onlangs ingesluit in die o.18-Griekwaspan.  Ilana word geken vir haar vinnige en effektiewe spel en doen reeds die afgelope vier jaar diens as hulpdoel vir CHS se eerste netbalspan. Die Griekwaspan neem vanaf 27 Junie tot 6 Julie deel aan die nasionale Bokkie-toernooi in Naboomspruit.  CHS wens…

TENNISSPELER VAN CHS NEEM DEEL AAN INTERPROVINSIALE TOERNOOI

Posted by:Principal

Terwyl die meeste van ons die afgelope langnaweek gebruik het om te ontspan saam met familie en vriende en die plaaslike Karoo Food Festival te ondersteun, het ‘n tennisspeler van Hoërskool Cradock deelgeneem aan die TSA Interprovinsiale Toernooi in Pretoria. Anika Marais, graad 11-leerder van CHS, het as deel van die OP-span kragte gemeet teen…

KWAGGA-FAMILIE VERWELKOM NUWELING

Posted by:Principal

Hoërskool Cradock is onlangs begroet deur ‘n nuweling wat by die span aangesluit het. ‘n Baie interessante wese in die vorm van Melani Vermaak het by CHS diens aanvaar as onderwyseres in die Kuns en Drama Departement. Haar rustige voorkoms en sagte glimlag, gekoppel met ‘n onmiskenbare speelsheid in haar oë, dra daartoe by dat…

Website designed by Juslogon 2016
Copyright © CHS Alumni