HOëRSKOOL CRADOCK HOU 4DE KNIPMESBRAAI

Posted by:Principal onMay 31, 2018

Mei maand in Cradock is Knipmesbraai tyd. Die kwaggas het vanjaar hul 4de knipmesbraai gehou en tradisioneel was dit ʼn aand van kuier, genoeg skaapvleis en
bande bou.

Die manne wat die aand bywoon het elkeen ʼn knipmes ontvang en het die voorreg gehad om die heerlike Karoo-skape daarmee te kon bydam. 352 man reg oor die
gemeenskap en omgewing het vanjaar se Knipmesbraai bygewoon. Hul is getrakteer met heerlike skaapvleis en tuisgebakte brood. Vyftien skape is vanjaar
gespit.

Die fondse wat hiermee ingesamel word elke jaar word aangewend om die skool se sportfasiliteite uit te berei en te verbeter. Die fondse van verlede jaar is aangewend
om nuwe Turf-krieketnette te bou. Hierdie geriewe sal na die Junie vakansie in gebruik geneem word.

Opregte dank word uitgespreek aan al ons borge en die manne van die gemeenskap wat die aand ondersteun het. Baie dankie aan al ons ouers en boere
wat die skape en hout vir die aand geskenk het. Opregte dank ook aan al die manne wat die skape vir die aand vir ons gespit het. Jul is absolute spesialiste.

Met die “Gout” in die knieë en gewrigte sien ons uit na die Knipmesbraai van 2019.

Leave a Reply

Website designed by Juslogon 2016
Copyright © CHS Alumni