June 14, 2018 0

CHS RUGBY TROTS OP NUWE BORGSKAP

Posted by:Principal onJune 14, 2018

 

Toeskouers wat onlangs ‘n CHS rugbywedstryd bygewoon het sou opmerk dat die eerste rugbyspan van Hoërskool Cradock hierdie seisoen in pragtige nuwe wedstrydtruie op die veld uitdraf.  Die span het ook nuwe opwarmingshempde, spansakke en spanbaadjies ontvang wat met trots gedra word na elke sportgeleentheid.  Niks hiervan sou egter moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ondernemings in die gemeenskap nie.

 

Fatty’s Mechanical Repairs, Ilgi Implemente en Kubota het vanjaar hul gewig agter die Kwaggas ingegooi om CHS se eerste rugbyspan uit te rus met pragtige nuwe uniforms en spandrag. Die Kwaggas is besonders trots nie nét op hierdie nuwe klerasie nie, maar veral op die verbintenis met hierdie ondernemings en bedank hulle hartlik vir hul ondersteuning.  Dit is wonderlik om hande te kan vat met ondernemings en individue wat dieselfde doelwitte vir ons skool en leerders het.  CHS sien uit na ‘n lang en voorspoedige verbintenis met hierdie ondernemings.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Op die foto:
Die kaptein van Hoërskool Cradock se eerste rugbyspan, Siya Caku-Caku, lei sy span op die veld in die pragtige nuwe wedstrydtruie wat deur Fatty’s Mechanical Repairs, Ilgi Imlpemente en Kubota geborg is.

Hier is die eerste rugbyspan van CHS te sien saam met die een van hul borge, mnr. Fatty Colorossi (heel agter links) asook een van hul afrigters, mnr. JR Foreman (heel agter, regs).

Leave a Reply

Website designed by Juslogon 2016
Copyright © CHS Alumni